Local newsNews

Tuin-tannie se dood ruk eMalahleni

Lena sal onthou word vir haar liefde vir die Here, plante en diere.

Hartseer lê soos die winter oor eMalahleni met die nuus dat die stad se geliefde tuin-tannie dood is.

Lena de Lange of Lena Tuindienste soos sy op almal se selfone gestoor was, is Sondag, 30 Junie, dood.

Sy het hartversaking gekry nadat sy vroeër in Junie in die hospitaal opgeneem was nadat sy baie siek geword het. Sy was agt dae lank op ’n ventilator.

Lena en haar tuindienste was die afgelope 28 jaar bekendes in die stad. Sy het in eMalahleni grootgeword en na haar egskeiding een kantsnyer (edge-trimmer) en een grassnyer by haar boetie geleen en haar besigheid begin.

Haar kennis van plante was onuitputbaar.

Sy het graag met haar ‘kinders’, die twee papegaaie en ’n ringnek gespog. Die geveerde ‘kinders’ is na ’n voëlskuiling in Tzaneen waar hulle mooi aanpas.
“Al bloei ons harte, gaan ons haar met liefde onthou. Sy was so bitter baie siek die laaste maand. Ons sal Lena elke dag sien wanneer ’n nuwe blommetjie blom of as die gras té vinnig groei,” het Stella Beukes, Lena se skoonsussie gesê.

Lena sou op 14 Julie 61 jaar oud geword het.

’n Liefdesdiens word op 13 Julie gehou om Lena se lewe te vier.

Die besonderhede sal later bekend gemaak word.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram

HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button