Local newsNews

Koue hande warm ruiters

Ruiters geniet mededingende pensteek in die winter koue

Dit was weereens ’n opwindende dag by Zalala Equestrian Centre vir die tweede punte byeenkoms van die jaar vir pensteek, om die ruiters voor te berei vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in September.

Zelmarie Niemann op Savanna.

Op Saterdag, 6 Julie, in die bitter koue, het ruiters van oral oor Mpumalanga bymekaargekom om ranglyste te verbeter om sodoende te bepaal onder watter divisies hulle gereken gaan word.

Jaco Jacobs op Danube.

“Ons gebruik ook hierdie byeenkoms om opkomende ruiters en nuwe ruiters op te lei, sodat hulle die sport kan verstaan asook die reëls. Ons by Zalala poog hiermee ook om die sport meer bekendstelling te gee in ons gemeenskap en ons nooi mense uit om met Danell of met my in kontak te kom sodat ons meer inligting kan deel. Die sport is ’n lekker familie sport en die hele gesin kan deelneem, van kleinsus tot oupa,” het Chris van Zyl, organiseerder van die byeenkoms, gesê.

Jannie Minnaar on Updun.
Zander van der Merwe op Johnny B, Aroné van der Merwe op Morena, Armand van der Merwe op Flex en Jannie Minnaar op Updun.

Die ‘jongste’ ruiter wat Saterdag deelgeneem het, was 70 jaar jonk. Almal is welkom en daar is altyd vuurwarm koffie en smullekker muffins beskikbaar.

Armand van der Merwe op Flex.
Chris van Zyl met Santana.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button