Winterwarm fees was witwarm lekker
Tafelrondte 239 Powerlines is weer reg vir aksie in eMalahleni. Hou hulle dop vir baie gemeenskapsgedrewe projekte.
Daar is net een woord om die tafelrondte se Winterwarmfees te beskryf – ‘lekkerrrrrrrr’.
Die fees in samewerking met die bekende omroeper, Martin Bester en Tafelrondte 239 Powerlines het 12 Julie by Hoërskool Generaal Hertzog plaasgevind.
Die vure het die lekkerste atmosfeer geskep en die musiek het gehelp om die koue te verdryf.
Die kosstalletjies was besig en het allerlei heerlike etes voorberei.
Die tafelrondte is weer op die been gebring.
Hulle is besig om alles in plek te kry by hulle nuwe klubhuis en het reeds hulle voetspore stewig in verskeie welsynsinitiatiewe.
As jy ’n verskil wil maak in die gemeenskap, sluit gerus by die tafelrondte aan.
Vir meer inligting kan NJ van Wyngaardt gekontak word by 071 267 4205.


- Vernon Jacobs, Dawson Rolfe, Dean van der Walt (voorsitter) en NJ van Wyngaardt.

- Wian Gouws bie verskeie items af. NJ van Wyngaardt is saam met hom.

- Martin Bester het die aand afgerond met sy unieke stem.
Deel gerus jou Winterwarmfees foto’s met ons
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
