Local newsNews

R555 brand – almal op gereedheidsgrondslag sou die vuur weer opvlam

Die vuur langs die R555 is darem nou onder beheer.

Die plotte langs die R555 is aan die brand.

Die swart rook en oranje gloed in die lug is ‘n duidelike rigtingaanwyser van waar die plotte brand.

Die erge rook is veroorsaak deur bande en ook masjienerie wat aan die brand geraak het.

Inwoners op Plot 87 het dadelik die area om hulle huis natgemaak toe die vlamme gulsig aan die droeë gras om hul huis begin lek het.

“Ons is so dankbaar, baie mense het opgedaag en ons gehelp om die vlamme te blus en die huis veilig te hou,” het me. Lize Retief gesê.

Haar kinders bly op een van die plotte.

Brandweer is op die toneel en kon keer dat die vuur verder versprei.

Die omvang van die skade is nog onbekend.

Dit is nog nie duidelik hoe die gras aan die brand geraak het nie.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na [email protected] of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button