Local newsNews

Mario het eMalahleni se hulp nodig

Die gelde wat ingesamel word, gaan vir die onbetaalde mediese rekeninge en ook vir Mario se nasorg.

Dié komende naweek vind ’n damestee plaas om fondse te in vir ’n jong man van eMalahleni wie se lewe onherroeplik verander is toe hy in ’n motorongeluk betrokke was.

Mario Bezuidenhout is nou 28 jaar oud en die man wat gedroom het om sy eie restaurant te hê, is nou in ’n rolstoel en hy het breinbeserings opgedoen.

Mario was op 21 Julie verlede jaar in Groblersdal besig om die laaste goedjies af te handel en hy sou 20:00 ry om by sy sussie te gaan eet.

Nie eers 200m van die restaurant af nie het ’n trok na bewering van voor af in sy baan gery en hulle het kop-aan-kop gebots.

“Mario het sy regterbeen se femur, albei sy arms, kakebeen, wangbeen en ribbes gebreek. Sy long het platgeval en hy het bloeding op die brein gehad en ’n traumatiese breinbesering opgedoen,” het Carika Langeveldt, wat die BackaBuddy rekening vir hom oopgemaak het, vertel.

Mario was vir amper 10 maande in die intensiewesorgeenheid en daarna was hy by ’n rehabilitasiesentrum.

Die wrak vertel van die ongeluk waarin Mario Bezuidenhout breinskade opgedoen het.

“Van Mario se mediese rekeninge is nie betaal deur die mediese fonds nie. Daarom kom ons vandag en vra dat jul, jul harte sal oopmaak en ons help om fondse vir Mario bymekaar te maak,” het Carika gevra.

Die gelde wat ingesamel word, gaan vir die onbetaalde mediese rekeninge en ook vir die jong man se nasorg.

Op Saterdag, 27 Julie, word ’n damestee gehou met Gerrie Jordaan as gasspreker.

Die damestee vind by die Basilea-gemeente in Hans Strydomlaan plaas.

Dit begin om 14:00 en die kostes is R120 wat sop en broodjies insluit.

Daar is ook pryse om te wen wat insluit ’n fotosessie, geskenkbewys vir juwele asook ’n geskenkbewys vir naels.

Vir navrae, skakel 072 148 7575 of 079 519 8570.

Gaan besoek Mario Bezuidenhout Care Fund op BackaBuddy vir meer inligting.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitterof Instagram

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button