Local newsNews

Jeugkamp om die draai

Aktiwiteite tydens die jeugkamp sluit Bybelstudie, speletjies, swem, en die mooi van die natuur in.

Die NG Kerk Witbank-Suid (Trapppieskerk) se jeugkamp lê voor. Die jeugkamp vind op 16 tot 18 Augustus by Badplaas plaas. Die kostes is R400 per persoon en dit sluit alles in.

Alle graad eens tot graad 12 leerders word genooi om die jeugkamp mee te maak.

“Ons vertrek om 15:00 by die kerk met ons bussie en sal Sondag om 13:00 terug wees,” het ds. Robert Meintjies, leeraar van die kerk gesê.

As jy wil saamgaan kontak vir ds. Maans van Zijl by: 082 784 0884 of vir ds. Meintjies by 082 557 7145.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button