Local newsNews

Man in Tasbetpark doodgesteek na onderonsie

’n Geskil oor hekke was blykbaar die oorsaak van die bakleiery waartydens Quentin Smith gisteraand doodgesteek is.

’n Tragedie het gisteraand in Trombonestraat afgespeel toe ’n man met ’n mes doodgesteek is.

Quentin Smith (49) is by die huis doodgesteek nadat daar blykbaar ’n onderonsie tussen hom en die huurders, van die woonstel agter die erf ontstaan, het.

Smith se vrou, Ansie het gesê die onderonsie het begin toe hulle die hekke gisteraand gesluit het.

“Misdaad is hoog en ons sluit die hekke vroeg voor almal bed toe gaan om seker te maak alles is agter slot en grendel. Die man wat by ons huur het Quentin van agter af met die mes aangeval. My man het voor my gesterf,” me. Smith gebroke gesê.

Die verdagte en sy meisie is tans soek.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button