Local newsNews
Tasbetpark moord – verdagte gee homself oor
Hy sal Maandag 12 Augustus in die Witbank Landdroshof verskyn.
Die man wat verdink word op die moord van die 49-jarige Quentin Smith het homself gister aan die polisie oorgegee.
Smith is Donderdag 8 Augustus by sy huis in Trombonestraat in die nek gesteek. Na bewering het hy en die verdagte ’n onderonsie gehad oor ’n hek wat gesluit was.
Nadat hy gesteek is, het Smith volgens sy vrou, Ansie Smith na die stoep toe gestrompel waar hy dood is.
Het jy meer inligting oor dié artikel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
