Local newsNews

Kom ontmoet die Weermanvereniging by die militêre fees

Op 17 Augustus word die militêre fees aangebied waar die SA Weermagverening stalletjies gaan hê.

Op die kalender pronk die militêre fees se datum in rooi omkring.

Die fees vind op 17 Augustus vanaf 08:00 tot 16:00 plaas by die Portuguese Saal wat in Nitastraat geleë is.

Die SA Weermagverening (SAWV) is ’n militêre veterane organisasie wat op verskeie maniere omsien na die belange van militêre veterane (lede) asook enige ander persone wat deelneem aan die organisasie se gemeenskap en ander projekte.

Die SAWV is landwyd gestruktureer en is besig om ’n nasionale ondersteuningsnetwerk te vestig waarbinne welsyn, ekonomie, veiligheid en ander gemeenskapsprojekte bedryf kan word.

Die SAWV se lede word in eenhede geakkommodeer en meer as 70 eenhede is landwyd gevestig.

Die eenheid in eMalahleni heet ‘Swartgoud’ en het meer as 100 lede.

Hulle geniet ’n gesamentlike bring en braai die eerste Saterdag van elke maand.

Die SAWV is tans die grootste militêre veterane organisasie in die land, groei steeds in sterkte en werk daagliks aan projekte om sy lede te ondersteun

.
“Ons nooi graag alle militêre veterane, hulle gades en kinders asook vriende om ons te kom besoek by die fees,” het Graham Sulter, adjudant Eenheid Swartgoud gesê.

 

“Kom vind uit wat ons alles vir jou kan bied of waaraan jy kan deelneem ten einde hulp te verleen om ’n verskil te maak in jou gemeenskap.”

 

Graham het gesê dat hulle graag al die leiers wil ontmoet, “As jy ’n bevelvoerder, sersant-majoor of instrukteur was of op watter vlak jy ookal gedien het, kan jy weer ’n leier word in jou gemeenskap op provinsiale, sektor of eenheidsvlak. Enige ander persone wat ook leiers in eie reg geword het deur hulle loopbane, kan ook baie waarde hier toevoeg.”

WAT JY KAN BY DIE UITSTALLING VERWAG?

By Eenheid Swartgoud se uitstalling kan die kinders en kleinkinders ’n rugsak, ‘webbing’ en staaldak aansit met ’n R1 om te voel wat pa of oupa gedra het tydens patrollies.

Die wapens wat hulle gebruik het, soos .50 kaliber, LMG (Light Machine Gun), R1, R4 en gedeaktiveerde mortiere, sal ook uitgestal word.

Die swartkruit kanonniers gaan ook met van hul kanonne vir die publiek demonstrasies gee en van die ‘ou grotes’ afvuur.

Kom kuier en geniet die stories wat vertel word van die lekker ou dae.

Vir enige navrae, kontak Graham 082 495 0954 of Johan Schmidt (voorsitter) 083 631 7978.

Het jy ’n troepie-storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button