LifestyleLocal newsNews

HTS Witbank Aardklop Pronk Podium Toneelfees 2024

’n Maalstroom van talent verskyn op die verhoog by die HTS Witbank Aardklop Pronk Podium Toneelfees 2024.

In die Steenkoolstad het ’n teaterstorm uitgebreek. Die HTS Witbank Aardklop Pronk Podium Toneelfees 2024 het ’n maalstroom van talent op die verhoog ontketen vir die vierde jaar in ’n ry.

Twaalf skole, 18 produksies en drie opwindende dae van drama, wat die crème de la crème van Suid-Afrika se jong toneelspelers ten toon stel.

Van Woensdag, 31 Julie tot Vrydag, 2 Augustus het HTS met trots hierdie skouspelagtige viering van jeugdrama aangebied, wat gehore getoor en emosioneel gelaai gelaat het.

 

“Ons was bevoorreg om beoordelaars soos Kaz Mcfadden, Carina Nel en David Brink te gehad het, wat almal gesoute akteurs ook is,” het Gerdine Wessels, Pronk Podium organiseerder gesê.

Die room van die land se skole het saamgedrom, insluitend Hoërskool Secunda, Hoërskool Eldoraigne, Hoërskool Generaal Hertzog, Hoërskool Garsfontein, Dramatix Hoërskool, Rustenburg, Hugenote Tonele, Ermelo Hoërskool, Hoërskool Delmas, Hoërskool Oosterland Skoolmethart en Hoërskool Ermelo, wat elkeen hul unieke handelsmerk van teatermagie gebring het.

Soos die gordyn optrek, het ’n stortvloed van talent die verhoog oorstroom, wat toeskouers betower met optredes wat tussen hartverskeurend en skreeusnaaks gewissel het. Die toekoms van Suid-Afrikaanse drama het helderder as ooit geskitter, aangesien hierdie jong virtuose bewys het dat die vertelkuns lewendig is en floreer in ons land.

“HTS Witbank het natuurlik goed gepronk met hul toneelstuk, Wees, wat geskryf was deur Marelize Joubert. Die toneelstuk het 14 brons en vier silwer ontvang. Hoofseun Damian McKay het ’n silwer sertifikaat ontvang as die akteur Rits. Indien hierdie produksie deurgaan na die semifinale rondte, sal dit plaasvind op 16 en 17 Augustus in Pretoria. Vanaf die semifinaal sal die wenstuk deelneem by Aardklop in Potchefstroom,” het Gerdine verder gesê.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram.

 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button