Sakkie van der Walt is oorlede.
Die 68-jarige boer van Elandspruit in eMalahleni is in die vroeë oggendure in Life Midmed Hospitaal oorlede, drie weke nadat hy erge brandwonde opgedoen het.

Sakkie het, met permissie, op sy plaas gebrand en seker gemaak al die vlamme is dood. Maar ’n smeulende miskoek het opgevlam toe die wind skielik opkom. Hy was vasgekeer en het brandwonde oor 50% van sy lyf opgedoen.
Bejaarde boer se toestand versleg – fondse word dringend benodighttps://t.co/nYlS0Oknv7#brandslagoffer #vlamme #LifeMidmed #brandwond #brand #lewensondersteuning #niere #bloeddruk #skarebefondsing #BacknBuddy #familie #Sakkie
— WitbankNews (@WitbankN) August 21, 2024
Hy is na Impungwe Hospitaal gehaas waar hy twee weke spandeer het. Die hospitaal het egter geen brandwondeenheid nie.
Nadat die familie op Facebook uitgereik het, het ’n weldoener ’n deposito by Life Midmed Hospitaal betaal.
Daar het dokters onverpoos vir sy lewe geveg.
“Sy niere het ingegee en hy was op dialise. Sy hartklop was ook onreëlmatig en sy bloeddruk was ook hoog,” het sy stiefseun, Tiaan van der Walt gesê.
Het jy ’n storie van Sakkie om te deel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
