Local newsNews

Tasché sit kar- en klankskou in die hoogste rat

Kaartjies vir Tasché se vertoning is hierdie week nog R100 per persoon en R80 per kind.

Tasché kom volgende naweek in eMalahleni kuier.

Die wenner van The Voice SA in 2019 gaan by Helpende Hand Witbank-tak se Kar- en Klankskou optree.

Die skou vind Saterdag, 7 September by HTS plaas.

Die program is propvol aksie gepak.

Die manne sal die nasionale klankskou terdeë geniet. En die rugby word uitgesaai by die biertuin. Mamma, vir jou is daar ’n kleurryke vlooimark met baie handgemaakte items, net die regte plek om te wees vir jou Kersinkope.

Die kleinspan is nie vergeet nie en daar is ook vir hulle baie om te doen.

Ingang is R10 per kaartjie om by die kar- en klankskou te gaan inloer.

Kaartjies vir Tasché se vertoning is tot 31 Augustus R100 per persoon en R80 per kind.
Vanaf 1 September gaan die kaartjies duurder wees, R150 per person en R120 per kind.

Vir meer inligting oor die dag, skakel Melissa Nel by 072 660 7345.

Gaan ons jou by die skou sien?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button