Local newsNews

Man en 3-jarige dood in N12 ongeluk, swanger mamma soek na antwoorde

Robin du Plessis se ongebore baba is veilig. Sy en haar seuns het beserings opgedoen in die ongeluk.

’n Swanger mamma se noodroep op sosiale media, om die mense wat Saterdagaand van agter af in hulle vasgery het op die N12, op te spoor, word wyd en syd aangestuur.

Robin du Plessis se hart is in stukke gebreek. Haar verloofde, Willem van der Sandt en 3-jarige dogtertjie, Shylo du Plessis, is Vrydag, 30 Augustus in ’n karongeluk dood.

Hulle was van Eloff af op pad terug eMalahleni toe, toe die ongeluk om 21:00 gebeur het.

Die ongeluk het op die N12 gebeur.

Du Plessis onthou dat hulle 117km per uur gery het toe ’n kar hulle van agter af getref het.

“Ons het ’n paar keer gerol,” het die mamma onthou.

Sy, haar man, dogtertjie en oudste seun, Lorenzo Botha (12), is uit die kar geslinger. Haar ander seun, Lehandro Botha (8), was nog in die kar.

“Ek en my seuns is oukei, maar het baie seer gekry.”

Sy het vertel dat haar verloofde op die toneel dood is en sy haar dogtertjie vasgehou het en sy in haar arms oorlede is.

Die kar wat na bewering van agter af in hulle vasgery het, se insittendes het weggehardloop.

Robin du Plessis se plasing op sosiale media.

Sy vra dat enige persoon met inligting na vore moet kom.

“Mense wat op die toneel aangekom het, was engele. Hulle het ons rustig gehou tot die ambulans opgedaag het. Ek waardeer dit uit my hart uit.”
“My man was ons broodwinner. Hy was ons kinders se pappa, ons held, ons alles. My ‘mini-me’, my eerste meisiekind, my poppie, my prinsessie is ook wreed weggeruk uit die lewe uit.”

 

“Ek weet nog nie hoe ons hierdeur gaan kom nie. Dis so bitter moeilik. Ek wil net antwoorde hê, ek wil net hê geregtigheid moet geskied.”

Het jy meer inligting oor dié ongeluk?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button