Local newsNews

Welkome verligting vir motoriste namate brandstofprys daal

Welkome verligting vir motoriste aangesien petrol- en dieselpryse môre daal.

Motoriste kan môre, Woensdag, 4 September, by vulstasies regoor die land ’n sug van verligting gee, aangesien die koste van petrol, volgens die departement van minerale en energiebronne, met 92 sent per liter gaan daal.

Diesel sal met tussen 79 sent en R1,05 per liter verminder.

Paraffien sal ook met R1,03 per liter daal.

Dit is die vierde agtereenvolgende maand dat pryse gedaal het weens die laer wêreldwye Brent-ruoliepryse, waarop Suid-Afrika sy brandstofpryse elke maand grond.

Hierdie aanpassings sal die prys van petrol in Suid-Afrika se binnelandse gebiede afbring tot R21,79 per liter vir die 93-oktaangraad, en R22,19 per liter vir 95-oktaan.

Gemiddelde Brent-ruoliepryse het van $83,55 tot $78,54 per vat gedaal, hoofsaaklik as gevolg van groot olieproduserende lande wat hul produksie verhoog het.

Die Rand het ook op die wêreldmarkte versterk van gemiddeld R18,23 tot die dollar die afgelope maand tot R18,05.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button