Local newsNews

Pa en dogter veras – swanger mamma reël nou gedenkdiens

’n Gedenkdiens vir Willem en Shylo vind Woensdag, 11 September plaas

Robin du Plessis (30) het vanoggend haar verloofde en drie-jarige dogtertjie se as gaan haal.

Dié mamma wat nou vier maande swanger is, se hart is stukkend en sy sukkel om tot terme te kom met die wrede ongeluk wat die lewe van haar verloofde en hul dogtertjie geëis het.

Willem van der Sandt (40) en hulle dogtertjie, Shylo, is Vrydag, 30 Augustus, dood nadat ’n kar van agter af in hulle vasgery en die Mitsubishi Pajero waarin hulle gery het, op die N12 gerol het.

’n Gedenkdiens vind Woensdag, 11 September, in Garsfontein, Pretoria, vir pa en dogter plaas.

Die gedenkdiensblaadjie vir Willem van der Sandt en sy dogtertjie, Shylo.

Du Plessis het in ’n hartroerende plasing of sosiale media gevra dat enige persoon met inligting na vore moet kom omdat die bestuurder van die ander kar glo van die toneel af weggehardloop het.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button