Jou ‘wit olifant’ is iemand anders se skat
Die Nocturne-tak het altyd opwindende projekte en maak onthou-oomblikke bymekaar.
Die Vroue Landbou-unie se Nocturne-tak sit nie ’n oomblik stil nie.
Hulle het gereeld projekte waaraan hulle werk.
Op 31 Augustus was hulle by die vlooimark waar die ‘wit olifante’ op hulle tafel in ’n japtrap uitverkoop was.
Volgens Wilma van Zyl, voorsitter van dié tak, is hul maandelikse vergaderings hope pret.
Hulle hou ook gereeld werkswinkels en daar is ook gereeld kompetisies by die tak en ook op streeksvlak.
“Die lekkerste deel van die VLU is om nuwe mense te leer ken en om jouself uit te daag en nuwe vaardighede aan te leer,” het Wilma gesê.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.