VLU Witbank-tak maak pragtige papier
Met papier, dun karton, kleefplastiek, mooi servette en ’n strykyster het die VLU Witbank-tak die mooiste papier opgetower.
Die VLU Witbank-tak het weereens ’n lekker kunsles en demonstrasie gehad deur Dirkie Muller, die sameroepster, oor hoe om jou eie dekoratiewe papier te maak wat gebruik kan word vir plakboekwerk of om pragtige kaartjies vir jou geliefdes te maak.

Die dames het Donderdag, 5 September, bymekaargekom om te leer hoe maklik dit is om lieflike papier te maak met vier eenvoudige goedjies – papier of dun karton, kleefplastiek, enige mooi servette wat in die huis rondlê en ’n strykyster.

Die dames het geskitter in hul kleurvolle uitrustings, ’n duidelike aanduiding dat ons die lente betree het. Almal het besonders mooi gelyk in hul blomrokke en helderkleurige drag.

Hulle het heerlike gebak en ’n sterk koppie tee geniet terwyl hulle gelag en gesels het oor hul toekomsplanne en waarna om uit te sien by hul volgende vergadering.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram
