AfriForum se Witbank-tak hou Saterdag ’n veiligheidsinligtingsdag
Die inligtingsessie vind Saterdag, 21 September om 09:00 by Witbank Gholfklub plaas.
Die sprekers vir die dag is Raymond Hohls, operasionele bestuurder van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, en Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder.
“Veiligheid is ons prioriteit en ons wil hulp verleen omdat ’n misdaadvlaag ons gemeenskappe tans tref,” het Sarel van Heerden van die plaaslike tak gesê.
“Veiligheid is een van die belangrikste bekommernisse van alle persone, gesinne en ondernemings. Daarom is dit vir AfriForum van uiterste belang om inligtingsessies oor veiligheid te hou en strukture te vestig en deskundiges in te bring wat lede kan oplei, bemagtig en ondersteun,” het Sarel gesê.
Vir meer inligting, kontak Sarel: 082 902 2933.
