Brand verwoes alles wat gesin in 20 jaar opgebou het
“Alles was in minute uitgebrand,” sê vrou terwyl trane oor haar wange rol.
Die Opperman-gesin benodig die gemeenskap se hulp om hulle lewe te herbou na ’n verwoestende brand.
Die oorsaak van die brand op 25 Oktober is nog nie vasgestel nie.
“Ek en Janco, my seuntjie het en rook geruik. Ek het buite toe gehardloop om hulp te kry en toe ek terugkyk was swart rook reeds in my kamer. Ek het vir Janco geskree ‘Kom na mamma toe, mamma sal jou help!’, maar hy het gehuil en geskree hy kan nie. Ek het teruggehardloop, hom gegryp en vasgehou terwyl ek toegekyk het hoe die vlamme alles in minute vernietig,” het Nadia Opperman gesê.
Sy het bygelas haar hart is baie seer oor die sentimentele goedere wat verbrand het, maar sy is dankbaar dat Janco veilig is.
Die gesin moet van voor af begin en kort alles van huisraad tot klere.
- Nadia dra ‘n 40 broek, XXL-hemp en ‘n nommer vyf skoen, Rudi dra ‘n 42 broek, XXL-hemp en 11 tot 12 skoen.
As jy die gesin kan help, kontak Nadia se suster, Shamila Botha: 063 563 0595.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
