Local newsNews

Saartjie Duisendpoot verander duisende lewens

Laerskool Taalfees skenk die langste duisendpoot van 2024

Die Saartjie Duisendpoot raak duisende lewens, nie net in die vorm van kos en klere nie, maar selfs in die vorm van troos en liefde.

Op 14 Oktober het Laerskool Taalfees hul wisseltrofee vanaf Solidariteit Helpende Hand Witbank-tak ontvang vir die langste duisendpoot van 2024.

Dié projek het sy oorsprong in eMalahleni gekry en is reeds in ’n paar dorpe uitgerol waarby klere en kosprodukte ingesamel word ten bate van die tak se koskas en ook die plaaslike Ons Winkel.

Die projek is vernoem na die projekleier, Saartjie van der Nest, en is reeds ’n jarelange projek van die Helpende Hand Witbank-tak sedert 2019.

“Ons kan nie vir ’n honger kind ’n baadjie gee om te eet nie, maar ons kan ’n kledingstuk wat iemand nie meer pas nie, by ’n plaaslike Ons Winkel omsit in kontant en sodoende vir ’n kind sy of haar volgende bord kos voorsien; dalk ook hul enigste maaltyd vir die dag,” het Melissa Nel, voorsitter van die tak gesê.

Vanuit die plaaslike gemeenskapstudiefonds is daar 16 studente reeds gehelp ter waarde van R604 723 met rentevrye studielenings. Hierdeur word vir elkeen ’n geleentheid gebied op ’n kans tot verdere studies, waar dit andersins nie moontlik sou wees nie.

Op Vrydag, 2 Augustus, het Laerskool Taalfees die uitdaging met ope arms gegryp en ’n duisendpoot uitgepak van ’n ongelooflike 135m waar leerders kosprodukte asook klere skool toe gebring het, en hierdie is dan geskenk aan Solidariteit Helpende Hand Witbank-tak asook Ons Winkel Witbank en  Ons Winkel Klipfontein.

“Ons is uiters trots op elke leerder wat bygedra het tot die projek en dankbaar dat ons so baie aan Helpende Hand kon skenk,” het Sania van Rooyen, onderwyseres by die skool en organiseerder van die projek gesê.

Die trofee spog nou by Laerskool Taalfees .

“Baie dankie vir die verskil wat julle maak in die Witbank-gemeenskap, ons waardeer dit opreg,” het Sarel van Heerden, winkeleienaar van Ons Winkel Witbank en Ons Winkel Klipfontein ten slotte bygevoeg.

Wil jy ’n bydrae lewer aan Ons Winkel Witbank of Ons Winkel Klipfontein? Kontak gerus vir Sarel: 082 902 2933 of raak betrokke by Solidariteit Helpende Hand Witbank-tak.

Kontak Melissa Nel: 072 660 7345 of melissa@helpendehand.co.za of Annemarie van Heerden: 082 829 2546 of annemarie@helpendehand.co.za.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button