Local newsNews

Njalas is veilig

Die bokke is deur dr. Nolan Landman ondersoek.

Die drie Njalas wat eMalahleni Dinsdag op hol gehad is, is gevind.

Piet Wassenaar, wat saam met die Mpumalanga Parkeraad werk het gesê die bokke was vroeër die week in Nitastraat opgemerk.

Inwoners het Dinsdag 12 November video’s en foto’s geneem en opgewonde op sosiale media gedeel.

Almal het na Nitastraat toe gejaag, maar die bokke was skoonveld.

 

@witbanknews #WitbankNews #Witbank #emalahleni #Njala #staptog #wildlewe #bewaring ♬ original sound – witbanknews

 

Hulle is vanoggend in Die Heuwel gekry.

 

“’n Man het op die Zello-kanaal ingeroep en gesê die bokke is naby Gordonstraat. Die bokke was in ’n gangetjie tussen twee geboue,” het Piet gesê.

 

’n Plaaslike veearts, dr. Nolan Landman het die bokke ondersoek, die groen lig gegee en hulle is na ’n veilig plek van bewaring geneem tot hulle opgeëis word.

Piet bedank Landman asook Dick Jacobs van Vikela wat die sleepwa gestuur het om die bokke op te laai.

 

Het jy foto’s van die bokke geneem, deel dit gerus met ons.

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button