Local newsNewsUpdate
Polisieman vanmiddag oorlede na meer as twee maande in hospitaal
Kaptein Willem Archer se familie het gevra vir privaatheid in hierdie hartseer tyd.
Polisiekaptein Willem Archer is vanmiddag net na 15:00 in die Mediclinic in Mbombela oorlede na hy op 6 Oktober tydens ‘n motorfietsongeluk beseer is.
Hy was vir meer as twee maande in die intensiewesorgeenheid.
Sy vrou, Carien, het vanoggend op Facebook genoem dat sy bloeddruk baie laag was.
Sy het vriende en familie elke dag op hoogte gehou van sy toestand.
Ons innige simpatie gaan uit na Carien, en hul kinders Leandri en SW.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.