Local newsNews
Kaptein se roudiens vind Woensdag plaas
Willem se lewe word saam met sy familie en vriende onthou.
Die roudiens van kaptein Willem Archer word Woensdag 18 Desember gehou.
Die roudiens vind om 11:00 by New Life Church plaas.
Archer is op 8 Desember in die Mediclinic in Mbombela oorlede nadat hy op 6 Oktober in ‘n ernstige motorfietsongeluk was.
Hy was meer as twee maande in die hospitaal se kritiekesorgeenheid.
Archer was meer as 33 jaar lank in die polisiemag.
Hy was gestasioneer by die teen-intelligensie eenheid.
Meer as 170 boodskappe van medelye het op WITBANK NUUS se Facebook ingestroom nadat die hartseer nuus gebreek is.
LEES MEER HIER:
Polisieman veg vir sy lewe na motorfietsongeluk in die Laeveld
Polisieman vanmiddag oorlede na meer as twee maande in hospitaal
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
