Local newsNews

eMalahleni skoonheid verloor stryd teen kanker

Hartseer heers onder familie en vriende van Chalene Janse van Rensburg wat gister oorlede is.

Boodskappe van medelye wat instroom oorskadu die Kersboodskappe op sosiale media na die nuus bekend gemaak is dat die voormalige skoonheidskoninging Charlene Janse van Rensburg die stryd teen kanker verloor het.

Charlene was in 2015 Mej. Witbank en in 2020 het sy die titel van Mev. Witbank verower.

“Jy het so hard baklei, so moedig, so positief, en nie eenkeer gesê jy kan nie meer nie,” was die boodskap van Bernice Fourie, wat ook die kanker-monster baklei het.

 

“Jy sal altyd ons koninging bly,” het Andries du Preez, Mnr. MMI Internasionaal op sy Facebook geplaas.

 

“My  innige simpatie en meegevoel gaan aan Charlene  se gesin.  Mag die Hemelse Vader in hierdie tyd van rou vir julle troos en berusting bring. Mag die kosbare herinneringe van al die mooi wat julle met Charlene gedeel het, nooit vervaag nie. Witbank Nuus redaksie dra julle in ons harte, gedagtes en gebede.,” was die boodskap van Zita Goldswain, nuus redakteur van Witbank Nuus.

Het jy ’n storie van Charlene wat jy graag wil deel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button