Local newsNews

Witbank Nuus maak reeds reg vir die eerste uitgawe van 2025

Ons gee vir ons lesers die perfekte balans tussen gedrukte koerante en digitale platforms

Die nuus dat nasionale dagblaaie hulself nie meer in huishoudings gaan tuismaak nie, het  lesers laat frons en vra, wat word van die gedrukte koerante.

“Ek wil die koerant voel, die bekende geluid as daar deur die koerant geblaai word is deel van my kinderjare toe die dagblad daagliks by die huis afgegee is deur vrolike skoolseuns wat ekstra geld verdien het deur die koerant af te lewer,” het Adré Robinson, ʼn leser ons teruggeneem na toeka se dae toe melk ook nog by die voorstoep afgelaai was saam met die koerant.

Witbank Nuus, wat deel is van die Caxton-stal, is trots om te sê, ons druk nog koerante.

Digitale media is nie meer die toekoms nie, dit is reeds lankal werklikheid.

Maar hoe kompeteer jy teen die nuus wat blitsvinnig op sosiale media verskyn?

Die nuus neem dalk ʼn klein bietjie langer, maar in die woorde van Irma Green, Caxton se nasionale groepsredakteur: ’Let’s be the first to get the story, but let us get it right.’

Witbank Nuus het teruggegaan skryfbord toe, nie om die wiel te herontwerp nie, maar die perfekte balans tussen digitaal en gedrukte media te kry.

Elke dag is ʼn nuwe uitdaging en daagliks leer ons joernaliste meer.

Hier is ʼn paar interessante syfers wat ons graag met ons lesers deel

Tydens 2024 het Witbank Nuus 1 235 198 lesers na sy webtuiste gelok.

Ons blaai terug en gaan kyk na ons top 10 stories van die afgelope jaar

eMalahleni se bedelaar uitgevang oor arm-storie

  • Dié berig het 85 384 lesers aan die gons gehad.

Sakkie veg vir sy lewe – familie vra vir gebede.

  • In totaal het 60 698 lesers hierdie berig gevolg

Ouma en kleindogter sterf na ongeluk

  • 19 249 lesers het hierdie hartseer berig gevolg.

Taxi fares to increase by R2 from tomorrow

  • Pendelaars was nie ingenome met die nuus nie en die berig het 16 717 kliks gehad.

Familie vra vir hulp om gestremde te laat begrawe 

  • Die berig is deur 16 913 lesers gelees.

Boodskappe van medelye stroom in na dood van Klipfontein leerder en haar ouma

  • Die opvolg berig van het 15 793 kliks gegenereer.

Heavy vehicles to be prohibited using AARTO in eMalahleni

  • Dit was duidelik dat inwoners nie gelukkig was met swaarvoertuie wat deur die stad se hoofstrate ry nie. Die berig het altesaam 15 150 klik bymekaar gemaak.

Tasbet Park residents hide as bullets fly

  • Lesers het die berig gevolg terwyl Witbank Nuus se joernaliste op die toneel was. In totaal het 14 530 lesers die berig gevolg.

Op TikTok spog ons met 22 100 volgelinge en in Desember alleen is ons video’s 1.4m keer gekyk.

@witbanknews SW AutoWorx took an extra step to make Christmas special for kids in eMalahleni #festiveseason #spectacular #christmas2024 #lightupyourcar ol #lights #revs #witbank #WitbankNews #news ♬ original sound – witbanknews
@witbanknews♬ original sound – witbanknews

Witbank Nuus se Facebook het tans 136 000 volgelinge en net in Desember het ons 845 579 sosialemediagebruikers bereik.

Ons is ook baie aktief op Twitter:

Moet nie Instagram vergeet nie.

Ons voorbladnuus reik talle lesers weekliks:

March 15, 2024.
February 9, 2024.
July 5, 2024.
August 23, 2024.

Ons eindig die jaar met ’n terugblik en ’n glimlag en lig ’n glasie op gemeenskapskoerante, die digitale platforms en die joernaliste wat onverpoos werk om die brekende nuus aan ons lesers te bring.

*Ons is op 6 Januarie terug op kantoor.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button