Kliek op JP se foto en kry dit in die eerste posisie
Lesers kan net tot 2 Februarie vir JP Boshoff se foto stem.
JP Boshoff het die mooiste foto van ’n breëkoparend geneem wat besig was om ’n likkewaan te vreet.
Dié foto het hy in Maart verlede jaar naby Renosterkoppies geneem.
JP het die foto vir die Kruger Magazine Issue 31 se fotokompetisie ingeskryf en kort jou stem om die foto in die nommer een posisie te kry.
Jy kan stem deur hier te kliek.
JP het vertel dat hulle gereeld in die Kruger Nasionale Park gaan kuier en hy sy passie vir fotografie daar uitleef.
“Ek het van my foto’s op ‘Kruger Sightings’ geplaas en die navrae om die foto’s op ‘canvas’ te druk het ingestroom. Ek het drie van my foto’s laat druk en aan ’n kliënt verkoop. Die laaste foto het my kliënt aan haar familie in Brittanje gestuur,” het JP vertel.
JP gebruik die fondse wat hy uit die foto’s maak om minderbevoorregte mense te help.
“Ek sal dit baie waardeer as almal my kan ondersteun en op Kruger Magazine se sosiale blad ‘like’ onderaan my foto kan druk.”
Neem jy ook foto’s? Stuur gerus vir ons na info@witbanknews.co.za.
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
