Lumardt steeds onder sedasie
Lumardt was gister vir ’n operasie en dokters het vasgestel dat sy been nie die infeksie veroorsaak nie.
eMalahleni se kampioenfietsryer, Lumardt Pienaar is steeds in die hospitaal, besig om die infeksie in sy liggaam te baklei.
Lumardt het op 17 Januarie met sy fiets in Dullstroom geval het.
LEES MEER HIER: Fietsryer raakgery – bestuurder van bakkie jaag weg
Hy is per ambulans na Middelburg Life Hospitaal toe geneem en daar is vasgestel dat hy sy knie erg beseer het.
Dokters het eergister ’n bloedklont in sy long ontdek en dadelik met medikasie begin.
LEES MEER HIER: Jong fietsrysensasie in hospitaal na val
Gister was die jong fietsryer op ’n ventilator.
Ma, Raylene het laat weet dat sy suurstof ’n verbetering toon en sy koors af is.
“Dis nog ‘n lang pad wat voorlê, maar dis belangrik dat ons al hierdie klein oorwinnings vier en dankie sê. Ons glo dat die infeksie en bloedklonte van hier af vinnig sal opklaar. Alhoewel Lumardt onder sedasie is, het hy paar keer sy oë oop gemaak en reageer op my enJohan se handdruk,” het Raylene gesê.
Die ouerpaar vra vir gebede vir hul ‘champ’
“Ons sê klaar dankie vir die Here,” het Raylene gesê.
Wat is jou opinie?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter, Instagram of TikTok.
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
