Die verkeer in eMalahleni is die afgelope paar weke chaoties
Die verkeer op Geduld-brug is ’n nagmerrie.
Dit was omtrent ’n Blou Maandag met die verkeer wat weereens op Geduld-brug opgehoop het.
Motoriste het op sosiale media laat weet dat hulle gaan laat wees vir werk en leerders laat vir skool.
Verlede week was die brug ook ’n nagmerrie toe die plaaslike munisipaliteit slaggate toegemaak het.
Motoriste het meer as ’n uur gevat om oor die brug te kom.
Vanoggend werk die verkeersligte nie en ’n ongeluk wat die verkeer belemmer, is ook gerapporteer.
Vertel ons meer oor jou ondervinding.
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
