Local newsNews

Vermeende moordenaars in eMalahleni vasgetrek

Frik van Dyk van Hoëveldpark buurtwag het die een verdagte uit die Olifantsrivier gaan haal.

Twee van die vier mans wat verdink word van moord in Baberton  is vanoggend in eMalahleni gearresteer.

Een van die mans is deur die polisie gewond in ‘n oor en weer skietery en die ander in uit die Olifantsrivier gehaal waar hy probeer wegkruip het.

Wayne Hattingh van Fidelity Compliance het gesê hy was op pad werk toe, toe hy sien van sy kollegas jaag ‘n voertuig met SAPS kort op hulle hakke.

By die draai net na die Wolvekransbrug rigting eMalahleni het die bestuurder van die voertuig beheer verloor en is die veld in.

Die mans het uitgespring en die veld ingehardloop.

Die sekuriteitsoffissiere van Fidelity Sekuriteit en SAPS het hulle agterna gesit waarop die mans begin skiet het. Die polisie het teruggeskiet en een in die proses gewond.

Hoëveldpark se buurtwag voorsitter, Frik van Dyk en Hattingh is die tweede man agterna.

Van Dyk het in die rivier ingegaan en die man in riete gekry.

WITBANK NUUS wag nog op kommentaar van die polisie af.

Nuus wat saak maak … volg ons op  websiteFacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons info@witbanknews.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button