Maatskaplike werkers klop aan die gemeenskap se harte
Wanneer jy jou hart en siel in ander mense se lewens inploeg.
Solidariteit Helpende Hand (SHH) Witbank-tak se fokus vandeesmaand was maatskaplike werkers.

Dié tak het op 18 Maart ’n heerlike funksie gevul met sielskos, aangebied vir die groep werkers wat meer as hulself gee aan die ‘stukkendes’ in die gemeenskap.

Motiveringspreker Gerrie Jordaan het die oggend ingekleur met haar inspirerende boodskap.
“Die mense-bedryf is soos ’n verlate huis. Elke hart het ’n huis, en elke huis het ’n adres, voeg Gerrie by.

Só motiveer en kleur sy die maatskaplike werkers se harte in en sê, “Smag na ’n huis waar jy uitbundig wil dans op die eenvoud van die melodie van jou eie lewe, en ontvang die liefde wat na jou toe uitgedeel word”.

Maatskaplike werkers is tog die mense wat maatskaplike geregtigheid bevorder, geestelike gesondheidsorg bied en mense van die gemeenskap help uit haglike lewensomstandighede.
Hulle strewe om oplossings te vind vir armoede, misbruik en ongelykheid.

René Roux van SHH het Gerrie se boodskap verder gevat en gesels oor die welstand en gebondenheid van die SHH-takke.

Dit is ook vanjaar se tema waarop passievolle René wil fokus.
“Welstand is as jou hart en lyf gesond en gelukkig is,” het René met ’n glimlag in haar oë gesê.
Sy het afgesluit met ’n kragtige boodskap oor self-refleksie en sê “die mooiste plek in die wêreld is nie noodwendig ’n fisiese plek nie, maar ’n gemeenskap waarin jy veilig voel”.
“The best of us became social workers, the rest of us must settle for less,” het Gerrie so ’n bietjie pitkos agtergelaat.
Breaking news at your fingertips … Follow WITBANK NEWS on our website, Facebook, Twitter, Instagram or TikTok
Chat to us: info@witbanknews.co.za
