Solidariteit Helpende Hand maak meisies se matriekafskeid spesiaal
Solidariteit Helpende Hand Witbank-tak het voelers uitgesteek vir goedhartige donateurs om ses meisies van Hoër Tegniese Skool Witbank se matriekafskeid spesiaal te maak.

Die jaarlikse matriekafskeid vir die leerders van die Hoër Tegniese Skool is onlangs gehou.
Ses meisies van die skool is deur goedhartige donateurs bygestaan met hare, grimering, naels, rokke, skoene en alles wat hul benodig het vir hul spesiale dag, om hul soos feëprinsesse te laat lyk én voel.
Hierdie meisies is deur die skool geïdentifiseer en Solidariteit Helpende Hand Witbank-tak het voelers uitgesteek en donateurs genader om die meisies se dag net so spesiaal te maak, wie dit andersins nie kon bekostig nie.
Die Witbank-gemeenskap het weereens hul harte oopgemaak vir hierdie goeie doel en van fotograwe tot voertuie, onder andere, is vir die dag geborg.
Baie dankie aan Koos Coetzee, Leatitia Fouche, Sonja Botha en Lulu van Rooyen, Anina Den Heyer, asook oom Leon Nel en Willem Cilliers vir julle bydraes.
“Ons wil graag ons diepe dankbaarheid uitspreek teenoor elke donateur wat ’n aandeel gehad het in hierdie projek. Sonder die pragharte van elke donateur sou hierdie dag nie moontlik gewees het nie”, het Jhay Botha, takvoorsitter van Witbank-tak ten slotte gesê.
Deel jou nuusbrokkies met ons per Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking