Local newsNews

Die krokodil wat sy lippe aflek vir lammertjies, veilig in Loskop losgelaat

Dié kalant het ’n lammer in die area gevang en lekker daaraan gesmul.

’n Krokodil wat doodluiters in ’n grondpad in die Leeuwpoort-area afgestap het, is ‘gearresteer’.

Dié kalant word daarvan verdink dat hy ’n lammertjie in die omgewing gegaps en gevreet het.

Piet Wassenaar se sekuriteit-offisiere van Presidio sekuriteitsfirma was op patrollie en het die swernoot op 11 April in die vroeë oggendure opgemerk.

Piet, wie ’n permit van die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap het om probleemdiere te verwyder, het gesê hy is al ’n maand lank op die krokodil se spoor.

“Die kalant gaan in Loskop losgelaat word,” het Piet gesê.

Hierdie is nie die eerste krokodil wat Piet gevang het nie.

In 2020 het hy ’n krokodil in die Zaaihoek area gevang en in 2023 een in ’n dam naby Siyanqoba.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button