Die krag van ’n klein daad
Daar is inwoners met goue harte in eMalahleni wat jou somtyds laat stop en nadink oor die lewe – soos die man wat ’n 90-jarige se inkopies betaal het.
In ’n wêreld wat soms koud en gejaagd voel, het ’n klein, eenvoudige daad van goedhartigheid onlangs die harte van baie aangeraak.
Die ‘jong’ 90-jarige tannie Margaret Claassen het soos gewoonlik by SPAR haar inkopies versigtig gekies en haar mandjie met die noodsaaklikhede van die dag gevul.
Toe sy by die betaalpunt kom, het sy haar beursie reggehou, gereed om vir alles te betaal.
Maar voor sy nog kon begin tel, het ’n jong man agter haar in die ry stil-stil vorentoe gestap en gesê: “Tannie, vandag is dit my beurt. Ek wil vir tannie se goed betaal.”
“Ek het verbaas gestaan oor die eenvoudige gebaar, maar dit is ’n gebaar wat mense se geloof in die goedheid van ander herstel. In ’n tyd waar ons dikwels net van een taak na die volgende jaag, herinner dít ons daaraan dat menswees steeds die belangrikste is. Dat ons mekaar kan dra, dat generasies mekaar kan eer, en dat daar nog hoop is,” het tannie Margaret gesê
Breaking news at your fingertips … Follow WITBANK NEWS on our website, Facebook, Twitter, Instagram or TikTok
Chat to us: info@witbanknews.co.za
