Klipgooiers steeds besig op die N4
Die vrou het gesê haar werk vereis dat sy die pad gereeld ry en sy is nou baie meer versigtig.
Die N4 klipgooiers was gister weer baie doenig op die N4.
Dié keer het ’n Mini Cooper Clubman se voorste kantruit in die slag gebly.
Die motoris van die Mini het vertel dat sy om 16:30 op pad Nelspruit toe was toe haar kantruit deur ’n klip getref is.
Dié insident het op die N4 so 5km voor die afrit na Mandelastraat plaasgevind.
“Ek het baie groot geskrik en aangehou ry. Ek glo daar was gepoog om my voorruit uit te gooi sodat ek moet stop,” het die motoris was verkies om anoniem te bly, gesê.
Sy het gesê dit het vir haar soveel onnodige skade berokken.
Hierdie voorval volg op die hakke van die bekende hengelaar, Arno van Rooyen, wie se bakkie se ruit op 30 April uitgegooi is.
Van Rooyen en sy gesin was op pad na ’n wegbreek naweek toe sy bakkie se ruit net na 11:00 in die oggend uitgegooi is.
Polisiewoordvoerder, kaptein Eddie Hall, het gesê dat motoriste in so ’n geval nie moet stop nie, maar moet aanhou ry tot by die naaste veilige plek soos ’n garage of ’n polisiestasie.
Nuus wat saak maak …
Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
