Bonsai klub kuier in September by Van der Berg’s Kwekery
Moyogi Kai Bonsai-klub se liefde vir bonsai is reusagtig. Dié klub kuier in September by Van der Berg’s Kwekery.
Moyogi Kai Bonsai-klub is volstoom besig met voorbereidings vir die somer.
Tydens die klub se maandelikse byeenkoms op 8 Augustus is daar ywerig gekerf en gestyl aan boompies.
Hierdie sessie was ’n uitstekende geleentheid vir lede om kennis uit te ruil, met lewendige gesprekke oor verskillende styltegnieke en watter boompies die beste geskik is vir beginners wat die fassinerende kuns van bonsai wil bemeester.

Die klub nooi alle belangstellendes hartlik uit na hul volgende byeenkoms wat op 13 September om 10:30 by Van Den Berg’s Kwekery plaasvind.
Dit is die ideale geleentheid vir nuwelinge om meer oor bonsai te leer en praktiese ervaring op te doen, terwyl ervare lede aan hul eie boompies kan werk.
Of jy nou ’n beginner is wat die kuns wil ontdek, of ’n ervare liefhebber wat ’n boompie het wat gestileer moet word, die klub se byeenkoms bied ’n verwelkomende en insiggewende oggendsessie aan.
Vir meer inligting kontak Marlene Visagie: 082 499 0121.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
