Bonsaiklub vergader so tussen die blomme
Die Bonsai Klub verwelkom enige iemand wat belang stel om aan te sluit
Op ʼn heerlike sonnige Saterdag-oggend het die Bonsaiklub weer tussen die boompies vergader.
Die klub het bymekaar gekom om te spog met hulle plantjies en om hulle groenvinger-idees te deel.

Moyogi Bonsai Kai-klub wat ‘klein boompie’ beteken het Saterdag, 13 Mei vergader.
Om elke Bonsai uniekheid te gee, het Daandre Jansen van Vuuren sy bonsai staandertjies kom wys.
Die staandertjies word gemaak van onder andere mango- en merantihout asook bamboes.
Die voorsitter vir die Bonsai Klub, Kevin Beech het ʼn paar boompies op uitstalling gehad insluitende sy Natal Vy Bonsai wat hy op ʼn lotery gewen het.
Onder-voorsitter Marlene Visagie het gesê dat elke byeenkoms afhang van watter seisoen dit is.
“Augustus en September dan begin ons bome oorplant. In Augustus dan leer ons van die tipe grond en wat die beste mengsel van grond vir die oorplanting sal wees.
In September snoei ons die wortels en wys ander hoe om dit te doen. In Oktober as die plantjie mooi gevat het, dan begin ons die boompies bo snoei. Elke bywoner bring sy eie boompie saam en ons wys hulle al die belangrike aspekte om hulle plantjies mooi te versorg,” het Marlene verduidelik.
Die klub begin ook tans met hulle maandelikse ‘foto hoekie’-projek waar foto’s van die plantjies op hulle Facebook-blad geplaas sal word en dan onder mekaar gestem gaan word.
Ń wenner word dan gekies en kry ʼn prys.
Dié wat sou belangstel om deel te word van die klub, kan vir Kevin Beech kontak by 060 991 2942.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: za.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitterof Instagram
