Local newsNews

Meld aan vir ’n fotosessie vir die hele gesin

Die Militêre Fees vind op 30 Augustus plaas, maak seker jy merk dit in rooi op jou kalender.

Die Hoëveldtak van die Suid-Afrikaanse Infanterievereniging (SAIV), nooi families uit vir ’n fotosessie by die tak se stalletjie by die Witbank Militêre Fees  wat einde Augustus gaan plaasvind.

Met ’n reuse Ratel gevegsvoertuig op die agtergrond, beloof hierdie foto’s om op 30 Augustus ’n wenner te wees om hierdie opwindende dag, vir altyd te onthou.

Vir slegs R20 mag jy soveel foto’s as wat jy graag wil, neem.

Die tak se lede is beskikbaar om saam met jou op die foto’s te verskyn.

Jy het ’n keuse van ’n Skotse militêre soldaat of saam met Sersant Emil in sy RSA troepie-drag of Luitenant Liezel in haar vereniging uniform.

Jy kan selfs jou gunsteling foto laat aanbring op ’n koffiebeker of horlosie by ’n naburige stalletjie.

Indien jy ’n ’n kaartjie koop vir die R3 000 vleisbewys, wat R50 per kaartjie beloop, is die fotosessie gratis en so ook deelname aan die patrollies, kompleet met geweer in die hand, gelei deur Sersant Emil.

Kom sluit ook later in die dag by ons aan vir die parade en kranslegging om 12:00.

Die SAIV bied ook ’n parade aan waar soldate wie in die verskillende oorloë gesneuwel het, herdenk word. ’n Kranslegging deur verskillende veteraanorganisasies vind dan ook plaas.

Die Hoëveldtak verwag ook ’n besoek van die MOTH Motorcycle Association (MMA) gedurende die dag.

Die SAIV se lede beywer hul vir die welsyn van oudsoldate en hul gesinne wie swaar trek en ons leuse is ‘ware kameraadskap’, ‘omgee vir ander veterane’ en ‘onthou veterane van gister’.

Die Hoëveldtak se mans- en dameslede ontmoet maandeliks en beywer hul met fondsinsameling, parades, besoeke aan geskiedkundige plekke en gesonde ontspanning soos potjiekoskompetisies, lekker kuier en omgee vir mekaar.

Die tak verwelkom oudsoldate van enige korps om by hul aan te sluit. Besoek ons stalletjie waar jy elektronies kan aansluit.

Kontak Chris Sonnekus by 082 651 3844 vir meer inligting.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button