Local newsNews

Familie vra getuies van ongeluk om na vore te kom

Eschell van Staden se familie reik uit vir inligting na sy noodlottige motorfietsongeluk op 19 Mei.

Meer insae oor ’n ongeluk wat die lewe van ’n 48-jarige besigheidsman in Mei geëis het, is al wat die Van Staden familie vra.
Eschell van Staden is opslag dood toe hy teen ’n vragmotor net duskant die Sundra-afrit gebots het.

Die vragmotor het na bewering langs die pad gestaan en toe vanaf die linkerskouer van die pad weggetrek en regoor al twee die bane gery.

“Eschell het nie kans gehad om uit te swaai nie,” het Van Staden emosioneel gesê.

Van Staden se suster, Burnadette van Eden reik weer eens uit en vra dat enige ooggetuies na vore kom.

“Die mense wat eerste en tweede op die toneel was, wil nie getuie verklarings aflê nie. Dis belangrike informasie wat sou help met die skuldigbevinding van die bestuurder,” het sy hartseer gesê.

Daar is beweringe dat die ongeluk op ’n ritkamera (dashcam) afgeneem is.

Die familie benodig dit vir die hofsaak.

As jy enige inligting of videomateriaal het, kontak van Eden: 082 063 8455.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button