Local newsNews

Die Bokke en Rassie-kaartjies maak ’n verskil in eMalahleni

Susan gebruik haar Collectaboks om vir viervoet-vrinne kos in te samel.

Collectaboks-koors het eMalahleni in sy greep! Die ruil, verkoop en jag na hierdie versamelkaartjies is in volle swang, alles om daardie volledige stel van 31 kaarte bymekaar te maak.

En sjoe, as jy die uiters skaars goue Rassie-kaart in die hande kry, het jy werklik rede om te glimlag, want daar is ’n magdom pryse op die spel.

Een inwoner, Susan May Venter, vat hierdie promosie egter ’n stap verder. Sy het besluit om haar Collectaboks-kaarte te ruil vir dierekos, wat sy dan aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) wil skenk.

“Ek is dieremal en help waar ek kan,” sê Susan. “Toe ek sien Checkers en Pick n Pay doen hierdie promosies, het ek besluit om dit te gebruik om kos in te samel.”

 

Sy verduidelik dat sy nie die finansiële vermoë het om dierekos direk vir die DBV te koop nie, en het gesê, “Met die projek kan ek ’n verskil maak.”

Indien jy vir Susan met haar projek wil ondersteun deur kaarte vir dierekos te ruil, of om ’n donasie te maak, kan jy haar kontak by: 074 559 5060.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button