Local newsNews

eMalahleni neem afskeid van twee reuse in die gemeenskap

Adri Prinsloo en Maans van Niekerk was gerespekteerde sakemanne in eMalahleni. Hulle is drie dae na mekaar oorlede.

eMalahleni is in rou oor die afsterwe van twee geliefde sakemanne, Adri Prinsloo en Maans van Niekerk wat onuitwisbare spore in die stad gelaat het.

Adri is op 5 Desember aan ’n noodlottige hartaanval en Maans op 8 Desember aan natuurlike oorsake oorlede.

Adri word beskryf as ’n groot boom wie se diepgewortelde liefde vir sy familie en vriende alombekend was.

Sy passie het nie net  op die rugbyveld vir Suid-Oos Transvaal geskyn nie, maar ook by die Witbank Skietklub, waar hy ‘n gerespekteerde lid was.

Adri Prinsloo.

Sy dogter, Adel Breedt, het gesê: “My pa  was die soort man wat amper almal in Witbank geken het… en as hy jou nie geken het nie, het hy seker gemaak hy leer jou ken. Hy was ‘n vriend vir almal, iemand wat altyd tyd gehad het vir ‘n geselsie, ‘n grappie of net ‘n warm handdruk.”

Adri was geliefd in plaaslike koffiewinkels, waar hy elkeen se naam en storie leer ken het.

Maans van Niekerk, die bekende voormalige eienaar van Prima Glas (voorheen Prisma Glass) was oor dekades heen ‘n toonbeeld van uitstekende diens en ‘n sleutelrolspeler in werkskepping en gemeenskapsondersteuning.

Maans van Niekerk.

“My pa was daardie persoon wat altyd tyd kon afknyp vir ‘n opregte geselsie, wat hom by mense van alle ouderdomme geliefd gemaak het,” het sy dogter Hester van Niekerk gesê.

  • Die begrafnis vir Adri vind plaas op 12 Desember om 14:00 by die NG Kerk Panorama plaas.
  • Maans se begrafnis vind ook Vrydag plaas. Dié diens word om 11:00 in die Trappieskerk waargeneem.

Die heengaan van hierdie twee pilare van die gemeenskap laat eMalahleni vandag stiller en armer. Hulle stories, humor en die liefde wat hulle uitgedeel het, sal egter voortleef in die Steenkoolstad.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button