Local newsNews

Calculus kon hom nie onderkry nie – nou wag die kansel

Wiskunde het Matthew eers ondergekry, maar toe hy daarop fokus en verstaan hoekom die alfabet tussen die syfers ingeweef word, was daar geen keer nie.

Matthew Bezuidenhout het rede om baie breed te glimlag.

Dié leerder van Eunoia Akademie het al sy vakke met onderskeidings geslaag en gaan nou teologie swot.

Mamma Cindy Bezuidenhout het vertel sy het Matthew in tuisonderrig geplaas omdat wiskunde hom aanvanklik ondergekry het.

“Matthew wou dit op ’n stadium sommer los,” het Cindy vertel.

Matthew het nie gewone wiskunde by die tuisskool gedoen nie, maar Calculus, wat baie hoër in standaard is as wat by gewone skole aangebied word.

“Ons het oral gevra wie ekstra klasse aanbied, maar niemand was daarmee vertroud nie. Tog het Matthew dit reggekry om wiskunde met 82% te slaag – en dit was sy laagste punt op sy rapport.”

Matthew se geheim? Harde werk en geloof.

“Bid, bid, bid. Jou broek by die boude moet deurgeleer wees en by jou knieë ook stukkend wees,” het die slimkop gesê.

Matthew het ook 88% vir inligtingstegnologie, 92% vir Engels, 90% vir sosiale studies en 87% vir wetenskap behaal.

Lees meer: Tsebo ‘cracks the code’ to 7 distinctions

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button