Katlego breek 34-jaar-oue rekord
Hoërskool Patriot het rede om fees te vier. Hulle het die Interhoër gewen en spog ook met twee atlete wat as algehele wenners aangewys is.
Die Interhoër-beker pryk in Hoërskool Patriot se trofeekas.
Die skool het op 22 Februarie met die louere weggestap en het ook gespog met twee atlete wat as algehele wenners aangewys was.

SIEN DIE TIKTOK VIDEO HIER
@witbanknews Katlego Mthombeni het die 1992 verspringrekord tydens die Interhoër gebreek #witbanknews #hoërskoolpatriot #atletiek #Interhoër #witbank @Hoërskool Patriot ♬ original sound – witbanknews
Suwilanji Bwalya het die junior Victor Ludorum-titel opgeraap en Jaydon Francis is aangewys as die beste seuns baanatleet.
Nadine Kasselman van Gekombineerde Skool Belfour is aangewys as die senior Victrix Ludorum na ‘n reeks indrukwekkende vertonings.

In die junior afdelings het Lethabo Mashiloane van Bethal Independent School die Victrix Ludorum-titel ingepalm.
All the action at Hoërskool Patriot today#witbanknews #Patriot #athletics #sport #wtbnews pic.twitter.com/kDSfHhGJqZ
— WitbankNews (@WitbankN) February 21, 2026
Asanda Mathibela van Gekombineerde Skool Hendrina is aangewys as die beste baanatleet vir die dogters en Janelle Harmse van Morgenzon Landbou Akademie het die veld oorheers om as die beste veldatleet vir die dogters gekroon te word.

Die enigste rekord vir die dag is deur Katlego Mthombeni van Gekombineerde Skool Hendrina gebreek.
Asem is opgehou toe Sandile Mahlalela van Patriot, Jaydon en Katlego sake uitgespook het by die verspringput.
View this post on Instagram
Met elke sprong is daar noukeurig gemeet of die rekord, wat al 34 jaar staan, in die slag gebly het.
Op die einde was dit Katlego wat die 1992 rekord van 6.64m, gebreek het met ‘n afstand van 6.85m.
All the action at Hoërskool Patriot today#witbanknews #Patriot #athletics #sport #wtbnews pic.twitter.com/SPPPZMWf1v
— WitbankNews (@WitbankN) February 21, 2026
Katlego was aangewys as die senior Victor Ludorum en het die trofee vir die beste veldatleet vir seuns huis toe geneem.
SIEN AL DIE AKSIEFOTO’S HIER
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za




































































































































































































































































