Local newsNews

Kookwaterrugby word dié Saterdag in eMalahleni gespeel

Witbank Rugbyklub speel in die namiddag teen Elande Rugbyklub en dié beloof om ’n opwindende wedstryd te wees.

Die Hollywood Foundation Rugbyfees vind dié naweek in eMalahleni plaas.

Agt spanne maak reg om op 14 Maart mekaar die stryd aan te sê op Hoërskool Patriot se rugbyvelde.

Hierdie rugbyfees gaan die verhoog wees vir die ‘honger’ spanne van eMalahleni, Bethal, Benoni, Nigel, Newcastle, Witrivier, Pretoria en Alberton wat nie kan wag om te wys wat in hulle tenks is voor die 2026 seisoen amptelik afskop nie.

Die ontwikkelingskoördineerder van die Mpumalanga Rugbyunie, Chumani Booi het gesê die fees is ’n groot stap vorentoe vir streeksverhoudinge: “Hierdie bied vir ons klubs die perfekte voorbereiding vir die 2026-seisoen. Deur spanne van buurprovinsies in te bring, toets ons ons manne teen nuwe style en bou ons stewiger bande oor grense heen. Ons wil hê dit moet die eerste van vele wees.”

LEES MEER Witbank Ruygbyklub se speler van die jaar laat ‘magic’gebeur

“Ons glo rugby bou karakter en verenig mense. Hierdie fees gaan daaroor om jong atlete van alle agtergronde ’n werklike kans te gee om uit te blink en om ’n volhoubare pad vir die volgende generasie te skep,” het Vuyisile Ngobese, openbare betrekkinge-beampte vir die Hollywood Foundation gesê.

Die eerste wedstryd skop om 11:30 af wanneer Bethal en Benoni mekaar pak.

Newcastle en Nigel stoei sake om 13:00 uit, Witrivier en Hollywood Bets Harlequins van Pretoria se wedstryd begin om 14:30 en ons ‘boys’, Witbank Rugbyklub ontmoet die Elande al die pad van Alberton af om 16:00.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button