Elande is die rugbyfees kampioene
Witbank Rugbyklub speel in die premierliga wat op 11 April afskop en ’n tuiswedstryd word op 18 April gespeel word.
Die Gautress Elande is die Hollywood Bets kampioene.
Na ’n ‘eensydige’ kragmeting teen Witbank Rugbyklub wat hulle 44-7 gewen het, het hulle die momentum gestel vir wat die jaar verwag kan word.
Maar as die wedstryd, wat op 14 Maart plaasgevind het, onder die vergrootglas geplaas word, het die Elande die tuisspan se wind in die eerste helfte uit hul seile geneem en die wedstryd in die eerste 40 minute ingepalm.
Sien al die aksie hier:
















































































Met drie geel kaarte, wat toegeskryf word aan dissipline wat werk kort, het die tuisspan dit tog reggekry om die span van Alberton in die tweede helfte van hul doellyn af weg te hou en hulle nie toegelaat om deur die verdediging te breek nie.
Johan Oberholzer van Witbank Rugbyklub het gesê die besoekers is ’n baie gestruktureerde span en het ongelooflik goed gespeel.
Lees meer hier: Witbank Rugbyklub is Mpumalanga kampioene
Hy het gesê die tuisspan is terug tekenbord toe en het reeds die naweek se wedstryd ‘uitmekaar getrek’.
“Ons gaan die seisoen bou op die wedstryd wat ons in die tweede helfte gespeel het.”
Hierdie was Witbank Rugbyklub se derde wedstryd die jaar.
Die res van die uitslae lyk so:
- Bethal 26 Bneoni 25
- New Castle 12 Nigel 50
- Witrivier 10 Hollywoodbets Harlequins 27
Premierliga begin in April
Die premierliga skop op 11 April in Baberton af.
Die tweede ligawedstryd vind op 18 April tuis plaas teen Witrivier.
Die klubs wat meeding in die liga is Witbank, Nelspruit, Witrivier, Baberton, New Castle en Secunda.
Lees meer hier: Witbank Ruygbyklub se speler van die jaar laat ‘magic’gebeur
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
