Karien kom haar storie vertel
Die bekende Karien Basson gaan op 6 Junie as gasspreker by die Basileia-gemeente se damestee kom inloer.
eMalahleni is in vir ’n lekker bederf wanneer die bekende oud-Witbanker, Karien Basson, as gasspreker by die Basileia-gemeente se damestee kom inloer.
Karien is geen vreemdeling in die Steenkoolstad nie.
Sy het haar skoolloopbaan by Laerskool Klipfontein begin.
Vandag is sy ’n dinamiese besigheidsvrou, gesertifiseerde NLP lewensafrigter en bekende gesig in die mediabedryf.
Baie sal haar herken as die redakteur van Vroue wat Glo en deel van die Finesse Voelgoed Tydskrif-span.
Met meer as 22 jaar ondervinding as joernalis, radio- en TV-aanbieder, en skrywer van verskeie gepubliseerde titels, het sy ’n unieke vermoë om stories met deernis te vertel.
Die damestee vind op 6 Junie plaas en die program skop om 14:00 af.
Kaartjies is slegs R200 per persoon, en dit sluit ’n spesiale geskenkie en heerlike eetgoed in.
Kaartjies is beskikbaar by die Basileia-gemeentekantoor, geleë te Hans Strydomstraat 70.
Belangstellendes kan die kantoor Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 12:00 besoek, of skakel 013 697 4449 vir meer inligting.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
