Local newsNews

Powerlines 239 hou fees en jy word genooi om saam te kom kuier

Die lyne gaan styf staan en die potte gaan gesels by Powerlines 239 se Vrees Winterfees.

Die Tafelrondte Powerlines 239 nooi die hele gemeenskap uit vir die Vrees Winterfees.


Die fees vind op 30 Mei plaas by die gewilde Riverbank Lodge en die program beloof iets vir elke lid van die gesin.


Hengelaars word uitgedaag om hul lyne nat te maak in die hoop om daardie ‘groot een’ wat altyd wegkom, uiteindelik aan wal te trek. Inskrywings vir die visvangkompetisie beloop slegs R100 per hengelaar, met pryse op die spel vir die eerste vis van die dag, die grootste vis, asook die swaarste vis.


As visvang nie jou forte is nie, kan jy jou slag wys met die swartpot. Inskrywings vir die potjiekoskompetisie is ook slegs R100 per pot.


Die Ladies Circle 26 bied op dieselfde dag ’n modelkompetisie aan vir diegene wat hul slag op die loopplank wil wys.


Vir die meer fiks en dapper deelnemers is daar tradisionele boeresport wat beloof om vir groot vermaak te sorg. Items sluit in: toutrek en sakspring, teelepel- en plankloop en ballonne vang
Die fees is bekostigbaar gemaak vir die hele gesin.


Toegang vir kinders tussen twee en ses jaar is gratis.


Kinders tussen sewe en 13 jaar se toegang beloop R10, tieners tussen 14 en 18 jaar R50 en volwassenes R70 elk.


Om jou kar daar te parkeer gaan R30 kos en perde en ruiters sal R30 betaal.


Vir meer inligting, skakel 067 598 4122.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button