Local sportNewsSchoolsSport

Steelcrest wys hulle staal en wen Mpumalanga Middelskole-kampioenskap.

Witbank Nuus het baie aksiefoto’s geneem tydens die Mpumalanga Middelskole-kampioenskap. Kyk gerus of jy een van die spelers herken.

Steelcrest High School is gekroon as 2026 se Mpumalanga Middelskole-kampioen.


Die skool se o. 14-span het die reeks oorwinnings op 25 Julie afgeskop toe hulle Witbank High met 19-12 geklop het.

Asimbongwe Maziba van Hoërskool Kriel druk ’n netjiese drie. Foto: Zita Goldswain.


In die o. 15-afdeling het hulle Hoërskool Kriel met 35-5 afgestof.


Die hoogtepunt van die dag was die eerstespanwedstryd, wat Steelcrest met 30-14 gewen het.


Die spelers van die wedstryd was almal van Steelcrest


Izanokuhle Sanele is aangewys as speler van die wedstryd in die o. 14-span. Lucky Masombuka (o. 15), Kamogelo Ngwako (o. 16), en Keamogetswe Mokoena (eerste span) is aangewys as spelers van die wedstryd in hulle onderskeie spanne.

SIEN DIE FOTO’S HIER

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button