Local newsNews
Natuurreservaat in vlamme gehul
Die oranje gloed vertel van die brand wat in die natuurreservaat woed.
’n Brand is besig om ’n spoor van verwoesting in die Witbank Natuurreservaat te laat.
Die brand wat reeds gister begin het, het vanoggend weer vlam gevat en is besig om deur die natuurreservaat te stoomroller.
Nabygeleë boere se velde het ook gebrand, asook ’n gedeelte van Seekoeiwater.
Die gemeenskap, boere in die omgewing en die plaaslike brandweer is besig om die vuur te bestry.
’n Groep bokke was vasgekeer, maar die jongste nuus is dat hulle veilig is.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
