CrimeLocal newsNews

eMalahleni vrou in hof ná R36m-diefstal

Die 30-jarige vrou het glo miljoene gesteel van haar werkgewer.

’n Vrou het vanmiddag in die eMalahleni-landdroshof op aanklag van diefstal verskyn.

Ezné Venter (30) word daarvan beskuldig dat sy na bewering vanaf 2021 meer as R36 miljoen van haar werkgewer gesteel het, waar sy 10 jaar lank in diens was.

Sy het haarself verlede week aan die polisie oorgegee.

Landdros Rametse Matlakala het Venter se borgtogaansoek toegestaan.

Hy het dit op R20 000 vasgestel omdat sy tans geen inkomste het nie.

Die beskuldigde moet haar paspoort by die ondersoekbeampte inhandig.

Sy mag nie die Nkangala-distrik verlaat sonder die toestemming van die ondersoekbeampte nie en sy moet Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 07:00 en 17:00 by die Witbank-polisiekantoor aanmeld.

Haar regsverteenwoordiger het gevra om anoniem te bly en ook gesê hy het geen kommentaar nie.

Advokaat Vusi Vuma het namens die staat opgetree.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  website, Facebook, X,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button