Local newsNews

Country Village se likkewaan het ’n nuwe huis gekry

Die likkewaan gaan na Doornpoortdam geneem word waar daar gehoop word hy gaan gou tuis voel.

Die reuselikkewaan wat inwoners van Country Village Estate gister op hol gehad het, is vanmiddag gevang.


Die kuiergas het inwoners in Gordonstraat verras. Die vermoede bestaan dat die reptiel afkomstig was van die nabygeleë spruit wat deur die omgewing kronkel.

Toe die ontvangs nie al te gul was nie, het hy in ’n pyp weggekruip.


Piet Wassenaar, wat nou saam met die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap werk, het ’n strik gestel en die likkewaan is vanmiddag gevang.

“Die outjie is gesond en baie sterk,” het Wassenaar gesê.


Hy het gesê die likkewaan gaan by Doornpoortdam losgelaat word.

Lees gister se berig Likkewaan laat inwoners van Country Village Estate skarrel

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  website, Facebook, X,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button